Thursday, November 20, 2008

(woord)prentjies van 'n (afrika)stad

Ek het nie fotos geneem in Kinshasa nie, want 1) ons is aangeraai om dit nie te doen nie, en 2) ek wou nie heeltyd deur 'n lens na alles kyk nie.

So... Die ewenaar laat goeters groei. Groot mense (lank en skraal), groot bome met groot blare, groot rivier. Dis asof die natuur vasbeslote is om dit wat hare is terug te eis. Dis vervalle: locals spot: "Kinshasa la belle est devenue Kinshasa la poubelle". Hier tel die mense ook anders: soixante-quinze = septante-cinq. En "tombola" is 'n Lingala woord - soos in kerkbasaar tombola, ja.

Mense ry aan die regterkant van die pad. Meestal. Disoriënteer my heeltemal - alhoewel ek moet erken dit nie veel vat om die rigtingbeduiwelde m-l te disoriënteer nie! (Hoe spel mens hierdie woord - d-i-s-o-r-i-(e)-ë-n-t-e-e-r??). Die minibus-taxis is die kleure van die vlag geverf: geel, turkoois en rooi. 'n Verwysing na Jer 33:3 op 'n agtervenster - ek wou dit nog opsoek... Soos in baie ander Afrika-lande is die kerk groot. Mense hou van kleur. Dalk deel van ons Afrika-geit? 'n Hollandse kollega het dit oorweldigend gevind. Vrouens dra nie broeke nie - batik-laprokke en in die aand barbie-rokke in blink materiaal in PERS, GROEN of GEEL. Mans hou van pakke, ook kleurvol. 'n Definitiewe Kongo-styl.

Shack-winkeltjies langs die pad is geverf in helder Skol-bier-advertensies. Daar's apteke, bakkerye, sement-depots, grafkis-winkels en haarsalonne. O ja, en selfoon-stalletjies oral - daar is nie rerig 'n fisiese infrastruktuur nie, so mense kommunikeer met selfone. Hulle't op 'n manier oor sommige ou, duur tegnologie (soos landlyne) ge-leapfrog.

80% van die ekonomie is informeel. Die res is duur. Ontbyt in die hotel kos $30 (R320)! Alles is te koop. Mens kan selfs apies in hokke langs die pad koop :( Die mense is vriendelik :) maar buroktratiese romslomp is groot. Vermoed baie mense maak geld deur dinge te kompliseer. By die lughawe word mens se paspoort seker 6 keer gecheck, deur 6 mense op 'n keer. Die kaartjie word met die hand uitgeskryf. Ek is deeglik deursoek (om seker te maak dat ek nie diamante in my bra probeer uitsmokkel nie?). I wouldn't be surprised - I still get the idea that this is a place where dodgy men come to do dodgy deals.

Tog kom ek meer positief terug as wat ek verwag het. As jy derdehandse mondelinge feite vertrou, verskaf die Kongo Reënwoud 9-10% van die wêreld se suurstof. En, ten spyte van al die uitdagings, is daar 'n paar goeie dinge aan die gebeur. Van die top-mense is toegewy en op-die-oog af is die donors, ook. Ek hoop mense begin besef dat hierdie ding in ons almal se belang is, maar voordat ek te veel begin preek...

Ek sien uit na my volgende trippie, hierdie keer na die woud self. Interessante tye. Maar vir eers is ek bly om terug te wees, en trots op SA, ook 'n Afrika-land.

No comments: